TSK

TSK · 1 Chronicles 12:28

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Serája was skrywer.

Daarop het die koning Benája, die seun van Jójada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Abjatar.

Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.

Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE.