TSK

TSK · 1 Chronicles 24:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.

En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.

En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.

En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.