Genesis 15:15
TSK
Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
En Jójada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters.
Die dae van ons jare- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.