TSK

TSK · 2 Chronicles 31:15

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied--aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.

En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Amásai, en Joël, die seun van Asárja, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Merári: Kis, die seun van Abdi, en Asárja, die seun van Jehállelel; en uit die Gersoniete: Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag;