TSK

TSK · 2 Kings 9:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!

en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!

Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!

Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.

hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.

En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad.