TSK

TSK · 2 Samuel 1:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.

Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie.

En daar was drie seuns van Serúja: Joab en Abísai en Asahel; en Asahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.

Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;

Kof. Ons vervolgers was vinniger as die arende van die hemel, op die berge het hulle ons hewig agtervolg, in die woestyn het hulle ons voorgelê.