Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees. En hy het by hom 'n volle maand gebly.
TSK
TSK · 2 Samuel 5:1
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter--dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is.
En vir Amása moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie!
Toe kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.
Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was ses duisend agt honderd, gewapend vir oorlog;
Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het--dit is die duiwel--