Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
TSK
TSK · Deuteronomy 28:65
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!
Gimel. Juda is ontvolk deur ellende en deur sware diensbaarheid; hy sit onder die nasies, sonder om 'n rusplek te vind; al sy vervolgers het hom ingehaal tussen die engtes in.
Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.
Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom.
Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.
Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.
Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.