Numbers 21:33
TSK
Toe het hulle gedraai en in die rigting van Basan opgetrek. En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe het hulle tegemoetgetrek na Edréï om te veg.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Toe het hulle gedraai en in die rigting van Basan opgetrek. En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe het hulle tegemoetgetrek na Edréï om te veg.
en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Astarot en Edréï gewoon het,
hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;
Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.