TSK

TSK · Ecclesiastes 12:7

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

Job 4:19 TSK

Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.

Job 20:11 TSK

Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.

Job 34:15 TSK

dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!

Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.

Toe sweer koning Sedekía vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as die HERE leef wat aan ons hierdie lewe verleen het--ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!

Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:

by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,