TSK

TSK · Exodus 16:35

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.

En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.

Want die HERE jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.

Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.

Toe het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en die HERE het hom die hele land, Gílead tot Dan toe, laat sien;

En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.

en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.