En Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na die spelonk van Adúllam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom.
TSK
TSK · Hebrews 11:38
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hagíla wat suid van die wildernis lê nie?
En daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings van Éngedi gebly.
Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.
Want toe Isébel die profete van die HERE uitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
En hy het daar in 'n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die HERE het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elía?
'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed.