as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,
TSK
TSK · Hebrews 12:11
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het 'n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.