TSK

TSK · Isaiah 24:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.

En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.

Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.

Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!

En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer.

U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.

Wee jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.

Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af 'n oortreder genoem is.

En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit--as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.

Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek die HERE.

Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?

Bet. Bitterlik ween sy snags--haar trane oor haar wange! Sy het geen trooster onder al haar liefhebbers nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, haar vyande geword.

Hosea 6:7 TSK

Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.

Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.

Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;