TSK

TSK · Job 42:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.

As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god-

U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?

Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam

En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie?

Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.