TSK

TSK · 1 Chronicles 17:8

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

Toe Saul sien en merk dat die HERE met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet,

Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.

En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttien duisend Edomiete verslaan het.

Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want God is met u.

Ezra 4:20 TSK

En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.

Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.

Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.

Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;