TSK

TSK · 1 Chronicles 29:23

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.

sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.

En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.

Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die HERE en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.

Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.

En Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.

Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen.

En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van die HERE afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit.

Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,

tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.