TSK

TSK · 1 Samuel 14:49

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my 'n dapper man en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.

Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was.

En hy het gesê: Goed, ék sal met u 'n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien.

En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.