TSK

TSK · 2 Samuel 1:22

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.

So het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.

Daarby trek Jónatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.

Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek 'n menigte van groot nasies uit die Noordland; dié sal hulle teen hom opstel--daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos dié van 'n voorspoedige held wat nie met leë hande terugkom nie.