TSK

TSK · Exodus 25:30

مراجع Treasury of Scripture Knowledge في Afrikaans.

العودة إلى المقطع

die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;

Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van 'n efa moet elke koek wees;

Hulle moet ook oor die toonbroodtafel 'n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.

Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van die HERE weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.

en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;

En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar júlle het Hom verlaat.

Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die HERE is verontreinig, en wat sy opbrings betref--sy spys is veragtelik.