TSK

TSK · Ephesians 2:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Back to passage

En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.

U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!

so was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: 'n ingang by die begin van die weg, naamlik die weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as 'n mens na hulle toe aankom.

Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;