TSK

TSK · Genesis 21:25

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Back to passage

En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.

Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.

En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by 'n put gesit.

'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.

Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.