TSK

TSK · Isaiah 29:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Back to passage

Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.

wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.

Toe het hulle gesê: Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam; want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of 'n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.

So sê die HERE: Gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van die HERE, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê; laat geen woord weg nie.

Amos 5:10 TSK

Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek.

Micah 2:6 TSK

Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As 'n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!

Toe gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.

En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,

James 5:6 TSK

Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.