TSK

TSK · Joshua 12:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Back to passage

En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.

Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo--geen stuk silwer het hulle geneem nie.

In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Josía het hom tegemoetgetrek, maar dié het hom gedood by Megíddo net toe hy hom sien.