En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,
TSK
TSK · 1 Chronicles 14:4
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad,
En sy antwoord hom: My heer, ú het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hy sal op my troon sit.
En Salomo het die HERE liefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Sálomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ammiël.
En uit al my seuns--want die HERE het my baie seuns gegee--het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel.
die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,