TSK

TSK · 1 Chronicles 18:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hy het naamlik die twee pilare van koper gevorm; agttien el was die hoogte van die een pilaar, en 'n lyn van twaalf el kon die tweede pilaar omspan.

Verder het hy twee pilare voor die huis gemaak; vyf en dertig el was die hoogte, met 'n kapiteel wat op die top daarvan was, vyf el hoog.

twee pilare met die bolle en die kapitele op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, te bedek;

Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en al die koper daarvan na Babel weggevoer.