TSK

TSK · 1 Chronicles 23:4

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige regspraak.

En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.

Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

Van die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;

Verder het Jójada wagte aangestel in die huis van die HERE onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die HERE om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.

Ezra 3:8 TSK

En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubbábel, die seun van Seáltiël, 'n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.

En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;

Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.