TSK

TSK · 1 Chronicles 6:47

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.

En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

Toe is die tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die tabernakel, het weggetrek.

En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.

maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.

Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;