TSK

TSK · 1 Kings 21:2

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n groentetuin, natgelei het nie.

En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.

En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek daarvan gee--maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.

Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant.

Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.

En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.