TSK

TSK · 1 Kings 8:39

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.

wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe--want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel--en gee reën op u land wat U aan u volk as 'n erfenis gegee het.

wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en aan elkeen gee volgens al sy weë, U wat sy hart ken--want U alleen ken die hart van die mensekinders--

En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.

Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.