TSK

TSK · 1 Samuel 13:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Bisra, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.

En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.

En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte--die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;