TSK

TSK · 1 Samuel 16:4

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.

En Dawid het daardie dag vir die HERE bevrees geword en gesê: Hoe kan die ark van die HERE na my kom?

Toe sê sy vir Elía: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!

het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie--mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!

Hosea 6:5 TSK

Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.

Luke 2:4 TSK

En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

Luke 8:37 TSK

En die hele menigte van die omtrek van die Gadaréners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur 'n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.