TSK

TSK · 1 Samuel 20:32

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee.

Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.

As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.

Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!

Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.

Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.