TSK

TSK · 1 Samuel 22:4

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Intussen is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teen Kehíla, en hulle plunder die dorsvloere.

Toe Dawid die môre opstaan--die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:

En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,

En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,

Maar ek het gesê: Sal 'n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.

Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie.