En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
TSK
TSK · 1 Samuel 6:9
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.
Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;
Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hulle het mekaar se aangesig gesien, hy en Amásia, die koning van Juda, by Bet-Semes wat aan Juda behoort.
HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.