Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.
TSK
TSK · 2 Chronicles 15:4
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom.
Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;
Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
Samaría sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.
En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.