TSK

TSK · 2 Chronicles 20:19

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.

En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was--

Ezra 3:12 TSK

Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.

en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!