TSK

TSK · 2 Chronicles 26:10

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderd duisend lammers en honderd duisend ramme se wol.

En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.

En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.

En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.

Maar 'n voordeel vir 'n land onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word.