TSK

TSK · 2 Chronicles 27:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

In die tweede jaar van Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, koning geword.

En Ussía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders op die begraafplaas van die konings; want hulle het gesê: Hy is melaats. En sy seun Jotam het in sy plek koning geword.

Die gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.

Micah 1:1 TSK

Die woord van die HERE wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samaría en Jerusalem.