TSK

TSK · 2 Chronicles 33:24

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.

En die dienaars van Amon het 'n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.

En toe hulle van hom wegtrek--want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat--smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.

Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.