TSK

TSK · 2 Chronicles 35:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.

En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.

En Jéhiël en Asásja en Nahat en Asahel en Jérimot en Jósabad en Éliël en Jismágja en Mahat en Benája was opsigters, onder toesig van Konánja en sy broer Símeï, volgens die bevel van koning Jehiskía en Asárja, die vors oor die huis van God.

Ezra 1:6 TSK

En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.

Ezra 7:16 TSK

en al die silwer en goud wat jy sal vind in die hele provinsie Babel saam met die vrywillige gawes van die volk en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is.

En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterrokke.

So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat jy 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:

Acts 4:1 TSK

En terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,

Acts 5:26 TSK

Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.

Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.