TSK

TSK · 2 Chronicles 36:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpe en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul vir 'n offer aan die HERE?

Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;

En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien.

U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,

Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee.

perés--u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.

Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.