TSK

TSK · 2 Chronicles 9:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.

Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u sake en oor u wysheid.

Wat is u beminde meer as 'n ander beminde, o skoonste onder die vroue--wat is u beminde meer as 'n ander beminde, dat u ons so besweer het?

Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.