En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat--
TSK
TSK · 2 Kings 19:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim mense ingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon.
Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarváim, Hena en Iwa, dat hulle Samaría uit my hand kon gered het?
En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadrésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.