Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.
TSK
TSK · 2 Kings 2:9
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, 'n man oor die vergadering aanstel
En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
En toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!
HERE God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want U het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die aarde.
Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.
In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo--die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.