Was jou dan en salf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.
TSK
TSK · 2 Samuel 14:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.
Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa;
En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle HERE nie.
en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; en blaas die basuin in Tekóa, en hef 'n vuurteken op bo Bet-Hakkérem; want onheil dreig uit die Noorde en groot verwoesting.
Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,