TSK

TSK · 2 Samuel 2:9

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.

En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, 'n groot menigte. En toe hulle die land van Jaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek 'n plek vir vee was.

En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte--die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;

en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.

En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;

en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,

en van die seuns van Efraim, twintig duisend agt honderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;