En nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf en veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud;
TSK
TSK · 2 Samuel 21:15
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.
En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.
Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.
Al beswyk my vlees en my hart- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,