TSK

TSK · Acts 19:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk
Acts 16:9 TSK

En Paulus het 'n gesig in die nag gesien--daar staan 'n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons!

Daarop stuur hy twee van sy helpers, Timótheüs en Erástus, na Macedónië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het.

Acts 20:4 TSK

En tot in Asië het Sópater van Beréa hom vergesel, en van die Thessalonicense, Aristárchus en Secúndus, en Gajus van Derbe en Timótheüs, en uit Asië Tíchikus en Trófimus.

Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

Acts 27:2 TSK

En nadat ons in 'n skip van Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, en Aristárchus van Macedónië, 'n man van Thessaloníka, was saam met ons.

Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus,

En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,

ook Markus, Aristárchus, Demas en Lukas, my mede-arbeiders.