En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.
TSK
TSK · Amos 1:4
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En Bénhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel--twee en dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens--en opgetrek en Samaría beleër en daarteen geveg.
En Elísa het in Damaskus aangekom, terwyl Bénhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom.
En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.
Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.
En hulle sal weet dat Ek die HERE is, as Ek 'n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.
Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda 'n menigte versterkte stede, daarom sal Ek 'n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
Daarom sal Ek 'n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in 'n storm op die dag van die orkaan.
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.